Jongste oor Miami Ope

Die tweemalige kampioen, Andy Murray, en Daniil Medvedev takel mekaar in ‘n opwindende tweede-ronde-wedstryd in die Miami Ope. Die Brit het die Argentyn, Federico Delbonis, by die Hard Rock-stadion met 7-6 en 6-1 verslaan. Intussen het Murray se landgenoot in die vroue-afdeling, Emma Raducanu, met 3-6, 6-4 en 7-5 verloor teen die Tsjeg, Katerina Siniakova. Die kampioen van die Amerikaanse Ope het hierdie seisoen nog net twee van haar sewe wedstryde gewen. Die gewese nommer-een in die wêreld, Naomi Osaka van Japan, het net 60 minute nodig gehad om die 15de gekeurde Duitser, Angelique Kerber, met 6-2 en 6-3 af te ransel.