Jongste oor bek- en klouseer in SA

Die Nasionale Dieregesondheidsforum in Suid-Afrika sê daar is nuwe strategieë om die verspreiding van bek- en klouseer in die land hok te slaan. Dié siekte in die buurland het verlangsaam na drie uitbrekings verklaar is met 185 gevalle en die 10 persele wat gesluit was, is heropen. Gerhard Schutte, die voorsitter van die Dieregesondheidsforum, gee die jongste aan Kosmos 94.1 Nuus in verband met bek- en klouseer.