Jongste oor #BeFree se projekte

Die #BeFree projek bestaan uit verskeie interaktiewe ruimtes, naamlik die #BreakFree Jeugkliniek, die YO! innovasie spilpunt, die opleiding spilpunt, ‘n administrasie spilpunt, Edutainment spilpunt, sowel as The Plug en #BeFree Park. Gehuisves in multifunksionele en dinamiese geboue en ruimtes, stimuleer #ProjectBeFree ‘n gevoel van gemeenskap, uitdrukking en groei. Die projek is gelys onder die One Economy-stigting onder die kantoor van die vorige presidentsvrou, Monica Geingos. Dr. Veronica Theron, Geingos se adviseur, gee ‘n opdatering van die projek se aktiwiteite.