Jongste damverslag lyk bedroef, veral in Ooste
Daar word steeds nou en dan water vanaf die Swakoppoortdam na die Von Bachdam oorgepomp, volgens NamWater se dambulletin. Von Bach se vlak staan op 21 persent teenoor verlede jaar se 51,4 persent. Swakoppoort se vlak staan op 63,4 persent teenoor verlede jaar se 87,6 persent. Gobabis se damme is gesamentlik slegs 7,1 persent vol teenoor verlede jaar se 21,2 persent. Die Hardapdam het ‘n verlies van 1,438 miljoen kubieke water gehad wat vir besproeiing onttrek is. Hardap staan nou op 34,1 persent teenoor verlede jaar se 65 persent. Die Nautedam is 59,7 persent vol en die Oanob by Rehoboth 56,4 persent.