Jongmense gaan saampraat in Erongo-streek
Jongmense in die landelike gebiede van die Erongo-streek sal einde Augustus die kans kry om hul stem in plaaslike bestuur te laat hoor. Rural Rise Community Empowerment implementeer die “New Voices, New Narratives in Public Policy Discourse”-projek, wat deur die Europese Unie ondersteun word. Issaskar Tjandero, woordvoerder van Rural Rise, sê die dialoog sal van 29 tot 31 Augustus by Utuseb plaasvind, van 12 tot 14 September by Uis en van 26 tot 28 September by Okombahe. Hy sê die projek sal 200 jongmense van al drie gemeenskappe betrek.