Jong vroue wynmaker wen wêreldprys

Die bekroonde Piekenierskloof-wyne van Citrusdal in die Wes-Kaap het op vanjaar se Londense wynkompetisie goud gewen in die afdeling “Beste Wyne per land” vir sy Bergendal Chenin Blanc 2020. Dié wyn, deur die jong wynmaker Hendrien Vercueil, is afkomstig van wingerd wat in 1962 geplant is. Vercueil sê dit is intimiderend om in dié vinnig veranderende bedryf as wenner uit 1 300 wyne van meer as 36 lande gekies te word. Sy sê sy is trots op die erkenning wat Piekenierskloof-wyne as een van die beste ter wêreld gekry het.