Jong sjef op pad na Olimpiade in Indië

Benita Ishekwa, ‘n student aan die Silver Spoon Hospitality Academy in die hoofstad, is gekies om Namibië te verteenwoordig by die 2024 Jong Sjef Olimpiade wat op 29 Januarie in Indië begin. Hierdie kompetisie is vir die eerste keer in 1995 gehou en vanjaar s’n sal die 9de uitgawe wees. Sjef Terry Jenkinson van die Akademie, wat Ishekwa na Indië sal vergesel, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê sy het goeie werk gedoen en behoort gereed te wees.