Jong entrepreneurs ‘het vele uitdagings’

Namibië is sedert 2022 die gasheer van die 6de Afrika Jeug in Toersime-innovasie uitdaging. Die geleentheid is in die hoofstad aan die gang met die tema “entrepreneurskap en inter-Afrika handel”. Innoverende jeug kan hier hul projekte bekendstel aan plaaslike sowel as internasionale rolspelers in die toerisme-bedryf asook moontlike vennote. Namibië sal vanjaar die fakkel oorhandig aan ‘n ander land vir die volgende uitdagings. Die adjunkminister van Jeug, Dr. Emma Kantema-Gaomas, het by die opening gepraat en die uitdagings vir jong entrepreneurs uitgelig.