Jong Brave Warriors gereed vir Cosafabeker

’n Jong en onervare Brave Warriors-groep het in Gqeberha aangekom vir vanjaar se Cosafabeker-toernooi wat gister afgeskop het. Namibië se Groep C veldtog begin môre wanneer hulle Angola pak. Hul ander groepwedstryde is teen Lesotho op 1 Julie en die Seychelle op 3 Julie. Hoofafrigter Collin Benjamin sê sy hoofdoel is vir die groep om ervaring op te bou wat hulle sal voorberei vir meer belangrike toernooie. Hy is optimisties oor hul kanse en sê hulle werk hard, hulle is in die regte gemoedstoestand, en hulle sien uit na die wedstryde.