Johnson soek VN noodvergadering oor kernaanleg
Die Britse eerste minister, Boris Johnson, het ‘n noodvergadering van die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad aangevra. Dit volg op die aanval deur Russiese soldate op die Zaporizhzhia-kernaanleg in Oekraïne. Na wat berig word is geen ernstige skade aan die aanleg aangerig nie en niemand is in die aanval dood nie. Intussen sê die Amerikaanse sekretaris van energie, Jennifer Granholm, sterk houerstrukture beskerm die aanleg se reaktors, wat sonder probleme afgeskakel is. Sy voeg by geen verhoogde vlakke van bestraling is by die aanleg gemeet nie. Volgens Granholm is die VSA se kernvoorval-reaksiespan geaktiveer.