Aborsie-wet dalk in VSA omgekeer

Die Amerikaanse hooggeregshof lyk  gereed om te stem om die Roe teen Wade-besluit wat aborsie landwyd in die VSA gewettig het, om te keer. Dit is volgens  ‘n uitgelekte aanvanklike konsep-meerderheidsmening van die hof. Volgens die konserwatiewe regter Samuel Alito, was Roe van die begin af verkeerd. Op grond van Alito se mening sal die hof moontlik kan bevind dat die Roe teen Wade-besluit verkeerdelik beslis is omdat die Amerikaanse Grondwet geen spesifieke melding maak van aborsie regte nie. Alito het verder in die dokument gesê dat aborsie bied ‘n diepgaande morele vraag. Die Grondwet verbied nie die burgers van elke staat om aborsie te reguleer of te verbied nie.