John Cena tree volgende jaar af

Die Amerikaanse ster John Cena het planne aangekondig om volgende jaar sy glorieryke loopbaan te beëindig. Die 47-jarige sê hy sal groet by die Royal Rumble, Elimination Chamber, en WrestleMania 41 in Las Vegas. Cena sê hy is nou meer as 20 jaar betrokke by World Wrestling Entertaining-byeenkomste en het ongelooflike welvaart en uiterste swaarkry beleef. Hy is 16 keer as wêreldkampioen gekroon na sy debuut in 2001. Cena was ook in verskeie flieks, waaronder Trainwreck, The Suicide Squad en Argylle.