Johannesburgse Dieretuin vier 120ste verjaardag

Die Johannesburgse Dieretuin bied toegang teen ‘n spesiale tarief van 20-rand per persoon vir die hele Maart ter viering van sy 120ste verjaarsdag. Die dieretuin het nou meer as twee-duisend spesies en sê hy het ‘n lang pad gekom vandat hy in 1904 tot stand gekom het met slegs vyf diere in hokke. Hierdie aanbod het ten doel om die uitgebreide wildversameling toeganklik te maak vir gesinne en mense om die dieretuin se uiteenlopende versameling van diere teen ‘n bekostigbare prys te verken.