Johannesburg onder top 20 stede vir goeie smulhappies

Die Italiaanse stad Napels is bo aan die lys van Time Out se twintig beste stede vir goeie kos hierdie jaar, met die Margherita-pizza as die een wat geëet móét word. Tweede is Johannesburg met sy Kota-broodjie, gevolg deur Lima, die hoofstad van Peru met Ceviche. Onder die top vyf is ook Ho Chi Minh City in Viëtnam en Beijing. Time Out het duisende stedelinge oral in die wêreld uitgevra wat hulle plaaslike smulhappies is, met die fokus op gehalte en bekostigbaarheid.