Johannesburg kan in administrasie geplaas word sou begroting nie deurgevoer word nie

Die speaker van die raad, Colleen Makhubele, sê die Stad Johannesburg loop gevaar om onder administrasie geplaas te word indien die jaarlikse begroting nie deur die meerderheid van die raad goedgekeur word nie. Die burgemeesterskomiteelid vir finansies, Dada Morero, sal vandag die 2023/2024-begroting vir die nuwe finansiële jaar in die raad ter tafel lê. Makhubele sê dit is belangrik dat Morero met die aanbieding van die begroting voldoen aan die redelike verwagtinge van verskeie politieke partye: