Johannesburg is gasheer vir VN-spitsberaad vir kinders

Die Afrika-kinderspitsberaad, onderskryf deur die VN-konvensie oor die Regte van die Kind, kom in Augustus in Johannesburg byeen. Die geleentheid oor drie dae sal 500 kinders fisies en virtueel ontvang om maatskaplike uitdagings aan te spreek. Verlede jaar se spitsberaad in Nairobi het die weg gebaan vir hierdie Pan-Afrika-konferensie, toegespits op kinderregte en maatskaplike sekuriteit. Die adjunkminister van Maatskaplike Ontwikkeling, Hendrietta Bogopane-Zulu, sê die spitsberaad is gemik op die bemagtiging vir kinders wat met gestremdhede leef: