Johannesburg herstel meer as 100 000 slaggate in een jaar 

Die Stad Johannesburg het aangekondig meer as 100 000 slaggate is sedert Mei verlede jaar herstel, te danke aan sy vennootskap met die Slaggat-patrollie, Discovery Insure en Dial-direct Insurance. Die stad se burgemeester, Mpho Phalatse, sê die vennootskap se doelwit is om te verseker alle paaie is van goeie gehalte en veilig namate hulle die verouderde infrastruktuur herstel en in stand hou. Intussen sê die uitvoerende bestuurder van Discovery Insure, Anton Ossip, die instelling van die Slaggat-patrollie in Johannesburg het gelei tot ‘n afname in slaggat-verwante versekeringseise in dié stad.