Johann Maree: Derde prokureur bedank, regter is keelvol

Die vermeende pedofiel en oud-polisieman Johann Maree se verhoor is weer vanoggend uitgestel na sy regsverteenwoordiger onttrek het. Maree, wat 75 klagtes in verband met die seksuele misbruik van jong seuns in die gesig staar, sukkel reeds ‘n geruime tyd om sy verhoor af te skop. Dit is die derde regshulp prokureur wat onttrek van sy saak. Regter Philanda Christiaan het die saak, wat reeds in Augustus moes begin het, tot 28 November uitgestel en Maree gewaarsku dat die verhoor sal begin, met of sonder ‘n regsverteenwoordiger.