Joernaliste beseer in Israelse lugaanval op hospitaal

Sewe joernaliste, insluitend ‘n vryskutter wat vir die BBC werk, is beseer in ‘n Israelse lugaanval in die binnehof van ‘n hospitaal in Gasa. Volgens die BBC is vier lede van die Islamitiese Jihad-militante groep in die aanval dood. Die Israelse weermag sê hulle het op ‘n IJ-bevelsentrum op die terrein van die al-Aqsa-hospitaal in Deir al-Balah toegeslaan. Hamas en mediese personeel ontken Israel se beskuldigings dat militante hospitale as basisse gebruik. Al-Aqsa is die laaste hospitaal in die sentrale Gaza-strook wat nog behoorlik funksioneer.