Joe Marler tree af
Die Engelse stut Joe Marler het uitgetree uit internasionale rugby. Dit is die tweede keer dat hy aftree nadat hy sy 2018-besluit om van toetsrugby weg te stap, omgekeer het. Die 34-jarige, wat sy debuut vir Engeland in 2012 gemaak het, het in 95 wedstryde uitgedraf. Hy het in die 2015, 2019 en 2023 Wêreldbekertoernooie gespeel en was deel van die drie Sesnasies-wenspanne in 2016, 2017 en 2020. Marler sê dit is tyd dat hy aanbeweeg: