Joburg Crisis Alliance wil nie koalisies hê
Die Johannesburg Crisis Alliance maak gereed vir sy derde krisisberaad wat op probleme fokus wat die stad Johannesburg in die gesig staar. Die alliansie bestaan uit die Ahmed Kathrada-stigting, die Organisasie teen Belastingmisbruik, Action for Accountability, Defend our Democracy en die Johannesburg Inner City Partnership. Die alliansie se woordvoerder, Ishmael Mkhabela, sê hulle wil ʼn einde sien aan koalisies in die stad.