Job en Maureen stoei voort in die hof

Die siviele saak tussen Job Amupanda en finans-adjunkminister Maureen Hinda-Mbuende kom weer vandag voor regter Collins Parker voor. Hinda-Mbuende dagvaar hom vir ‘n miljoen Namibiese dollar in skadevergoeding na hy ‘n plasing oor haar op sosiale media gemaak het. In die plasing sê hy, saam met ‘n foto van haar, “It looks like deputy minister of finance Maureen Hinda during the liberation struggle. Maureen was soo WizWiz. It’s like she won’t think twice about taking a knife out!” Die plasing is op 28 Julie in 2021 gemaak. Hy sê dat die regsgeding ‘n gevolg is van sy verwerping van die adjunkminister se flikflooiery met hom.