Jihadiste loods aanval op Siriese regeringsmagte by Aleppo
Jihadiste en hul Turks-gesteunde bondgenote het Sirië se tweede grootste stad, Aleppo, bestook in ‘n groot offensief teen regeringsmagte in van die dodelikste gevegte in die land in jare. Minstens 255 mense is reeds in die gevegte dood, oorwegend soldate aan albei kante, terwyl 24 burgerlikes dood is na Russiese lugaanvalle ter ondersteuning van die Siriese regering. Die aanvalle kom op ʼn sensitiewe tyd vir Sirië en die streek met ‘n wankelrige wapenstilstand tussen Hezbollah en Israel wat Woensdag in die naburige Libanon in werking getree het.