Jhb-padblokkades om skuld in te vorder lewer sukses

Die Stad Johannesburg het welslae behaal met sy insamelingsveldtog, wat by die metropolisie se padblokkades ingestel is. Die stad se groepshoof vir inkomste, Malope Ramagaga, sê die veldtog het ten doel om onbetaalde tariewe en diens-rekeninge van altesaam 48 miljard Suid-Afrikaanse rand te verhaal. Ramagaga sê die veldtog, wat verlede maand begin het, het daartoe gelei dat inwoners wat die stad geld skuld, gevra is om hul skuld te vereffen of ‘n skulderkenning te onderteken: