Jhb-middestad het minstens 57 gekaapte geboue

Gauteng se LUR vir Samewerkende Regering, Mzi Khumalo, sê gister se dodelike brand in die gebou in Marshalltown, Johannesburg, kon vermy word indien verordeninge afgedwing is. Meer as 70 mense waaronder 12 kinders is dood toe ‘n gekaapte vyfverdieping-gebou aan die brand geraak het. Daar is minstens 57 gekaapte geboue in die Johannesburgse middestad. Khumalo sê die provinsiale regering sal baie lesse uit hierdie tragedie leer: