Jhb-burgemeester skuldig aan strafregtelike gedrag

Die DA in Gauteng sê Johannesburg se burgemeester, Thapelo Amad, het in ‘n onlangse onderhoud sy persoonlike betrokkenheid aangedui met die verkryging van ‘n lening van 9,5 miljard Suid-Afrikaanse rand vir die stad. Hy het ook aangedui die transaksie is afgehandel. Die party sê Amad het intussen sy betrokkenheid ontken, maar sy oorspronklike verklaring moet aanvaar word soos dit gestel is, en ondersoek word. Die DA sê hy mag glad nie betrokke raak by sulke administratiewe prosesse nie. Die party se koukusleier in die stad, Mpho Phalatse, sê dit is strafregtelike gedrag: