Jhb-burgemeester het verdwyn
ActionSA in Gauteng sê Johannesburg is weer sonder ‘n burgemeester terwyl die stad dringend politieke leierskap nodig het. Media in Suid-Afrika berig oor ernstige aanklagte van bedrog teen burgemeester Kabelo Gwamanda. Hy het na bewering mense uit ‘n begrafnisskema bedrieg en beweer hy het kwalifikasies wat hy inderwaarheid nie het nie. Funzi Ngobeni van ActionSA sê sedert die bewerings aan die lig gekom het, het Gwamanda net verdwyn: