Jeugwerkloosheid onder die loep in Noorde

Die Parlementêre Staande Komitee oor Menslike Hulpbronne en Gemeenskapsontwikkeling het die week sy plaaslike openbare verhore oor die mosie oor jeugwerkloosheid in die Noordelike streke begin en vergader môre met jongmense op Rundu. Daarna kom Nkurenkuru aan die beurt met Eenhana wat op 3 Junie besoek sal word. Terwyl jeugwerkloosheid regoor die land ‘n groot uitdaging is, is daar baie minder geleenthede vir jeug in landelike gebiede is. Die mosie vir die vergaderings is deur die PDM-LP Inna Hengari ter tafel gelê. Die syfer vir jeugwerkloosheid in Namibië word op rondom 50 persent beraam en dit is een van die grootste uitdagings vir die regerende party, Swapo, op die oomblik.