Jeugwerkloosheid ‘n reuse-uitdaging

Werkloosheid onder die jeug is ‘n reuse-uitdaging in Namibië. ‘n Prokureursfirma in die Noorde het meer as 500 CV’s vir ‘n enkele ontvangsdame-vakature ontvang. Volgens die prokureursfirma is talle aansoekers mense met graadkwalifikasies. Dit wys hoe desperaat jong mense is om werk te kry. Vakbondleier Mahongoro Kavihuha sê aan Kosmos 94.1 Nuus die regering het geen plan om werkloosheid te takel nie.