Jeugwerkloosheid kelder Botswana, SA regerende partye: Venaani
PDM-president McHenry Venaani sê Namibiërs wil verandering hê en wat in die Botswana-verkiesing gebeur het, en ook vroeër in Suid-Afrika, kom na Namibië. In albei buurlande is die lang-regerende partye vanjaar in verkiesings verslaan. Venaani het by ‘n saamtrek in Walvisbaai gepraat en gesê Namibiërs moet in die voetspore van hul eweknieë in Suid-Afrika en Botswana volg om vir ‘n party te stem wat verandering sal bring. Hy sê die rede waarom Botswana se regerende party oorweldigend uitgestem is, is jeugwerkloosheid. Hy sê dis die rede waarom die Nasionale Statistieke Agentskap nie die werkloosheidstatistieke voor die verkiesing bekendgemaak het nie. Luister self.