Jeugwerkloosheid en burgerlike onrus

Jeugwerkloosheid is in die nuus as gevolg van die staande komitee van die parlement wat landswyd konsultasies in die verband hou. Nou sê die adjunk-polisiehoof, Elias Mutota dat die voortslepende werkloosheidskrisis in die land, indien nie dringend en doeltreffend aangespreek word nie, kan burgerlike onrus veroorsaak. Mutota is nie verkeerd nie. Navorsing regoor die wêreld dui aan dat werkloosheid, en veral jeugwerkloosheid kan direk gekoppel word aan ‘n opstand of selfs burgeroorlog in ontwikkelende lande. Arbeidsmarkte, en veral werkloosheid, het die kapasiteit om geweld en gewelddadige konflik te veroorsaak. Volgens Mutota is ‘n verdere uitdaging die nodige beheer van informele handelaars regoor die land wat op sy beurt weer reaksie uitlok omdat talle van die handelaars geen ander opsie het nie.