Jeugraad kyk na belangrike jaar

Daar lê ‘n baie belangrike jaar voor vir die Nasionale Jeugraad van Namibië, volgens Sharonice Busch, die raad se uitvoerende voorsitter. Die jeugraad se algemene vergadering vind vanjaar plaas, waar die nuwe raad en uitvoerende voorsitter verkies sal word. Busch het met Kosmos 94.1 Nuus gesels oor hul belangrike deurlopende projekte om die jeug te bemagtig.