Jeugmaand begin Dinsdag in Suid-Afrika

Die Suid-Afrikaanse Departement van Vroue, die Jeug en Persone met Gestremdhede en die Nasionale Jeugontwikkelings-agentskap, in vennootskap met die Departement van Sport, Kuns en Kultuur, sal Dinsdag Jeugmaand in die buurland van stapel stuur. Hierdie jaar is die 45ste herdenking van die studente-betogings op 16 Junie 1976. Die tema vir 2021 se Jeugmaand is ,die groei van jeug-indiensneming vir ‘n inklusiewe en getransformeerde gemeenskap”.