Jeugkredietskema bied hulp vir beginbesighede

Die kabinetskomitee-inligtingsessie van die Sport, Jeug en Nasionale Dienste-ministerie het by die Regeringsinligtingsentrum plaasgevind. Jeugminister Agnes Tjongarero het ‘n opdatering gegee van die verskillende geleenthede wat vir die jeug beskikbaar is. Onder die projekte is die jeugkredietskema. Die regering het 10 miljoen Namibiese dollar weggesit vir beginbesighede vir jongmense. Tjongarero het meer inligting.