Jeugaktiviste reageer op herrie rondom IUM-student

Jeugaktiviste reageer op die herrie wat by die International University of Management los gebars het in verband met terugbetalings. ‘n Student het die aktivis Michael Amushelelo genader maar die universiteit se studenteraad het teruggekap en sê hulle is nie deur die betrokke student genader nie. Toe het die universiteit self hom sterk uitgespreek en geëis dat die student sy aantygings teen einde Maart terugtrek. Die student het toe self fouteer en skuld eintlik die universiteit. George Kambala van die Affirmative Repositioning-beweging het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.