Jeug word opgevoed oor volksmoord

Die Friedrich Ebert Stigting Namibië is besig om ‘n driedelige herinneringsreeks aan te bied om die jeug bewus te maak en op te voed oor die Nama- en Ovaherero-volksmoord van 1904 tot 1908. Die tweede deel van die openbare dialoog is op 25 September gehou en die laaste besprekings in die reeks sal in November plaasvind. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Sylvia Mundjindi, projekbestuurder by die stigting, wat die doel van die laaste dialoog onderstreep.