Jeug vra betrokkenheid by programme wat vir hulle ontwerp word

Jongmense van die Karas-streek sê daar is ‘n behoefte vir die regering om meer jong mense te betrek by die ontwikkeling van programme wat daarop gemik is om werkloosheid onder jong mense aan te spreek. Die jongmense het met die Staande Komitee oor Menslike Hulpbronne en Gemeenskapsontwikkeling oor die mosie van jeugwerkloosheid vergader. Die jeug meen hulle word nie betrek nie en dus is programme wat wel daargestel word, lomp en wanaangepas. Die jeug meen sportontwikkeling, indiensopleiding by maatskappy en tegniese opleiding op skool sal baie doen om by te dra. Die Karas-streek is bekend vir sy lae ontwikkelingsvlakke met uiters min ekonomiese geleenthede vir veral die jeug.