Jeug uiters bekommerd oor klimaatsverandering, geen aksie

Volgens NASA-statistieke was 2023 die warmste jaar ooit, in verhouding tot die gemiddelde globale temperatuur. Namibië is gemiddeld 1,36 grade Celcius warmer as in die laat 19de eeu. Die jaar-tot-datum globale oppervlaktemperatuur was 1,29 grade Celsius bo die 20ste-eeuse gemiddelde, wat dit die warmste sodanige tydperk op rekord maak. Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing het ‘n verslag vrygestel wat wys dat die jeug bekommerd is oor klimaatsverandering. Suzie Shefeni, ‘n medenavorser, het by die bekendstelling gepraat.