Jeug stel nie belang in demokrasie nie, sal nie veg daarvoor nie
Afrobarometer se 10de meningsopname het bevind die meeste Namibiërs waardeer verkiesings. Die oorgrote meerderheid sê hulle voel geen druk om by enige politieke organisasie aan te sluit en om te kies vir wie om te stem nie. Meer as sewe uit 10 sê hulle het in die vorige verkiesing gestem. Sowat drie uit 10 respondente sê dat hulle effe bang was vir intimidasie of geweld tydens die verkiesingsveldtog. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie gekry van Frederico Links, ‘n navorser by die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing, wat sê die ondersteuning van en vertroue in demokrasie aan die afneem.
Links sê die jeug gee nie om of daar demokrasie is of nie en is nie bereid om daarvoor te veg nie.