Jeug stal innovasies uit

MTC het saamgespan met die Namibiese Universiteit vir Wetenskap en Tegnologie ICTechHub en ‘n vennootskap met die High-Tech Transfer Plaza Select om die MTC Tech Innovation Bazaar in die hoofstad aan te bied. Die uitstalling is daarop gemik om verskeie tegnologiese innovasies deur die jeug te vertoon, en duur tot môre. Maatskappye word aangemoedig om gebruik te maak van die innovasies wat deur die jeug aangebied word. Kosmos 94.1 Nuus het met MTC se woordvoerder, Fikameni Mathias, gesels wat meer deel.