Jeug speel kern rol in komende verkiesing

Jeugwerkloosheid is ‘n reuse-uitdaging in Namibië met syfers van rondom 48 persent van die jeug wat nie werk kan bekom nie. Dit word as brandpunt geag, veral vir die regerende party en die komende presidensiële en algemene verkiesings hierdie jaar. Kosmos 94.1 Nuus het met aktivis George Kambala gepraat wat sê die jeug moet op hul hoede bly en die regte besluit neem wanneer hulle stem.