Jeug sal nie stem nie – aktivis

Net meer as 187 000 Namibiërs is in die eerste week van kieserregistrasie geregistreer, volgens die Namibiese Verkiesingskommissie. Die hoogste getal registrasies sover is in die Khomas-streek, op net meer as 40 000. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die jeug-aktivis Rivaldo Kavango, oor of dit ‘n goeie aanduiding is dat die jeug sal gaan stem. Volgens Kavanga sê die jeug maklik hulle gaan stem, maar dit sal nie gebeur nie.