Jeug op dorpies moet werkskepping hulp kry

Plaaslike media berig dat in ‘n poging om ekonomiese aktiwiteite in Grootfontein se Omulunga informele nedersetting aan te wakker, het die Namibia Fish Consumption Promotion Trust en die Nasionale Jeugraad van Namibië ‘n dorp-entrepreneurskap-projek geborg in die vorm van ‘n skeepshouer wat as ‘n snoepie sal funksioneer. Die snoepie, ter waarde van meer as 146 000 Namibiese dollar, sluit visvoorraad in wat herverkoop word om werkloosheid onder die jeug te help aanspreek. Die direkteur van die Jeugraad, Calista Swartz-Gowases, het by die bekendstelling gepraat oor die belangrikheid om die jeug in informele nedersettings te ondersteun. Slegs twee begunstigdes sal gekies word vir die projek.