Jeug en vroue moet op e-handel fokus

Jeugwerkloosheid is een van die grootste kwessies in Namibië. Die handelsminister Lucia Iipumbu, het vandag tydens die opening van die Suider-Afrika-jeugkonsultasies oor die Protokol oor Vroue en Jeug in Handel ‘n beroep op die jeug gedoen om protokolle daar te stel in die uitdagings wat beide die jeug en vroue in die gesig staar. Verder het sy aanbevelings gegee oor hoe e-handel aangewend kan word om handel in die nuut-gestigte handelsgebied te fasiliteer. Die twee daagse konferensie stel ook produkte van klein en medium ondernemings in jeugbesit ten toon.