Jeug-apatie wek kommer by Swapo
Apatie onder die jeug het ‘n bekommernis geword, met politieke partye wat vrees dat die jeug nie in getalle sal opdaag om in die komende verkiesings te stem nie. Die jeug maak sowat 60 persent van die bevolking uit, wat hulle aansienlike mag by die stembus gee. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Ephraim Nekongo, sekretaris van die Swapo-jeugliga, wat by die jeug pleit om te registreer om hul stem te gebruik.