Jessica drink rooibos, 20 liter daagliks, dis hoekom sy so mooi is!

Genoeg van kospryse, olie en oorlog. Wie onthou vir Jessica die seekoei? Die 1,2 ton seekoei is in 2000 deur die Joubert-familie in die Blyde-rivier gevind, vel en been, en bygestaan. En nes enige ordentlike dame, eintlik regoor die wêreld nie net in ons streek nie, verstaan Jessica die waarde van ‘n koppie, of bottel, rooibostee. Sy geniet hom sonder melk maar met ‘n bietjie bruin suiker soos Marthane Swart, die sekretaris van die Suid-Afrikaanse Rooibosraad verduidelik.