Jeremy Clarkson ruk op saam met boere
Jeremy Clarkson, die oud-aanbieder van die gewilde Top Gear-motorprogram sal vandag 20 000 Britse boere lei in ‘n protes teen sogenaamde Erf-belasting. Die boere ruk op na Westminster in Londen. Die belasting word op die boedel van iemand wat gesterf het, insluitend alle eiendom, besittings en geld gehef teen 40 persent met die belastingvrye drempel wat tans op 325 000 pond staan. Baie boere het gewaarsku dat hulle dalk sal moet verkoop ná die Arbeidersregering se besluit om Erf-belasting op plase ter waarde van meer as 1 miljoen pond te hef.