Jeremy Clarkson ondergaan hartprosedure
Jeremy Clarkson het onthul hy het ‘n hartprosedure ondergaan nadat sy gesondheid skielik agteruitgegaan het. Dit is nie die eerste gesondheidskok vir die voormalige Top Gear-ster nie – dokters het hom verlede jaar gewaarsku sy bloeddruk is te hoog. Die 64-jarige sê terwyl hy op vakansie geswem het, het dit al hoe moeiliker geword om trappe te klim, en sy simptome het erger geraak met sy terugkeer na Brittanje. Toetse, ondermeer ‘n elektrokardiogram, het ‘n hartaanval uitgeskakel. Een van sy slagare was egter heeltemal blokkeer en ‘n stent is ingesit om dit oop te hou.