Jaz-Z ‘red’ Brooklyn se openbare bib

Die Brooklyn Openbare Biblioteek het ‘n skerp styging in nuwe lede beleef wat grotendeels te danke is aan die 13 beperkte-uitgawe biblioteekkaartjies wat met kunswerke van die kletsrymer Jay-Z se albums versier is. Ter viering van hip-hop se 50ste herdenking het die biblioteek ‘n uitstalling geskep wat die musikant se loopbaan deur skaars foto’s, oorspronklike opnames, video’s en ander artikels volg. Die veldtog het daartoe gelei dat die biblioteek 14 000 nuwe lede gekry het. Die president en uitvoerende hoof, Linda E. Johnson, sê die gemeenskap se entoesiastiese reaksie is ‘n getuigskrif vir Jay-Z se groot invloed.