Jason Paul knip Tyson-terugkeer kort
Boks: Die swaargewig-legende Mike Tyson se omstrede terugkeer na boks is kortgeknip nadat Jake Paul hom eenparig in Texas verslaan het. Die 58-jarige Tyson kon nie hond haaraf maak teen sy veel jonger teenstander nie en het gesukkel om die teiken te tref. Paul, wat meer as 20 jaar jonger as Tyson is, kon danksy sy spoed en beweeglikheid die middeljarige ikoon behoorlik rondjaag, maar kon egter nie die beloofde uitklophou plant nie. Tyson het na die tyd egter nog genoeg bravade gehad om oor ‘n moontlike terugkeer te skimp.